top of page

NEWS & EVENTS/NUUS & GEBEURE

 

2015 sal my altyd bybly as die jaar wat my eerste boek gepubliseer is. Pas (Mei 2016) is die Afrikaanse een gepubliseer - eg Afrikaans en ja beter - dis my moedertaal! Gelukkig hoev my lesers, anders as die termyn van Jacob Zuma, nie nog 3 jaar te wag vir 'n opvolg nie! Sangoma is pas ook gepubliseer. Die lesers van Wolf vra of hulle kan uitsien na dieselfde adrenalien pompende spanning in Sangoma? Wat kan ek sê: my publiseerder het my by 'n boekvoorstelling daarvan beskuldig dat ek te nederig is.  

01

Sangoma bekendstelling​

 

Sangoma word vroeg in 2016 bekendgestel. Hou die spasie dop - ek sal die plek en datum laat weet! Dis hier - Mei 2016!

02

RSG - Sanlam Radio kompetisie
 
 
Hou duimvas. Die kompetisie sluit einde Junie. My storie trek by 2e draft en is amper reg om af te stuur! Uitslag eers in Desember.

03

Swart Luiperd bekendstelling

 

Terwyl ek besig is met RSG se radiodrama, is ek besig om die Swart Luiperd te voltooi, en ook so bietjie te werk aan sy opvolger: Kruger Miljoene. Swart Luiperd behoort einde 2016 te verskyn.

04

Koeberg

​

Die boek se titel sou oorspronklik "Umkhonto" gewees het, maar die gedeelte van die boek is gebruik vir RSG se radio kompetisie. Koeberg gaan oor SA se nuwe kernkragsentrales en die tenderprosedures. Watse tenderprosedures vra jy?  Dis tyd dat ek ons land se President, Lekker-lag Zuma bietjie aanvat ....................  Die held van Sangoma, Suid Afrika se baasspioen Willie Ackerman, maak weer sy verskyning. Maar wie sê die Russe is nie reeds in Suid Afrika bedrywig nie? Die manuskrip is reeds halfpad voltooi en ibeplan vir publikasie teen Maart 2017.

bottom of page