top of page

MY BOOKS/MY BOEKE

 

Operation Wolf, published in 2015, was my first book. The Afrikaans version (Wolf) has just been published - May 2016.. Wolf se opvolg, Sangoma, is ook in Mei gepubliseer, en Swart Luiperd sal ten die einde van die jaar verskyn.

My boeke sal voortaan eerste in Afrikaans verskyn. Afrikaans - die soetste taal! As jy van 'n lekker leesboek met propvol aksie, met 'n bietjie romanse in die potpourie hou, is my boeke spesiaal vir jou. 

 

I would be happy to inscribe a book if you order it directly from me. ​ Just use the form on the Contact page to with your reguest and name.

Operation Wolf

ISBN-978-0-620-63396-3

​

The book has non-stop action on a global scale with an exciting and gripping end. It is a story for the fan of action, of the elaborate twists and turns of the intelligence community and will most certainly remind the reader of the South African landscape; stark in its beauty, cruel in its soft enfolding robe of hope and freedom.

Wolf

ISBN-56-6784659396375

​

Die boek is nie 'n vertaling nie! Dit is eg Afrikaans met staaljies van Dowwe Dolla en Robert (die Nar) Mugabe, wat nie in die Engelse weergawe verskyn nie. Dan is daar ook Julius se mannewales in die parlement 

​

Alhoewel gedeeltelik gebaseer op werklike gebeure en mense is dit fiksie. Daar is aksie van begin tot einde; romanse en 'n verassende einde. Dit speel in Suid Afrika af met 'n tikkie invloed van oorsee. Politieke dinamiet sou dit waar wees ..........

Sangoma

ISBN-68-3459876038524

​

Die Mamba het meer as een kop en met hulle terugkoms in Suid Afrika vind Jake en sy vriende dat dieselfde terroriste-elemente nog steeds agter hulle bloed is.

Hulle vind egter ’n bondgenoot in Mossad, wat wil keer dat sekere kerntegnologie wat Iran benodig die land vanaf Suid-Afrika bereik, want daar is elemente in die regerende party wat Iran baie simpatiek gesind is. Het Mossad egter hulle eie agenda?

Hulle word op alle fronte aangeval. Dit begin met ’n poging om Paul Jordaan se vriendin te verkrag. Sal kleinboet Pieter betyds opdaag om haar te red? Of was dit net ’n lokval om hom alleen te kry? Later word diamante op hom geplant, maar sal hulle swig voor die afpersing?

Sangoma het soos Wolf  ’n goeie kwota romanse. Dit blom tussen Pieter en ’n mynmagnaat se dogter wat later ontvoer word, terwyl Jake Botha se romanse weer op dreef kom na sy egskeiding.

Gaan Jake en sy vriende hulle weer aan die neus laat lei?

 

Swart Luiperd

ISBN-58-2459886032524

​

SWART LUIPERD is binnekort beskikbaar. Die verhaal speel af in die moderne tyd, maar ook in die verlede.  'n Wildsplaas-eienaar ondersoek die dood van sy pa, wat verband hou met sy oupa, die Boereoorlog spioen Swart Luiperd. Na die oorlog het die held hom in Amerika gevestig waar hy President Rooseveldt se persoonlike jagterinstrukteur geword het. 'n Kampioen swaardvegter en haan onder die vrouens, bevind die Swart Luiperd hom kort kort in die moeilikheid. Fiksie, maar gebaseer op een van die kleurrykste figure in die Suid Afrikaanse geskiedenis. Waarom wil elemente van die Amerikaanse regering keer dat inligting van 'n eeu gelede openbaar gemaak word? Was hy werklik skuldig aan spioenasie vir die Natzi's of was dit 'n slenter van die FBI? 

Kleinseun Matt is self 'n deurwinterde avonturier met 'n bulhond temperament wat nie laat los voor die laaste draad ontrafel is nie.

bottom of page